Dischem Welkom Goldfields Complaints - Verkeerde medikasie

ek het my kroniese medikasie by Dischem Welkom gekry. Ek het vir hulle gesê van die begin af ek soek die goedkoper medikasie. Van dag een af wat hulle die eerste voorskrif vir my moes gee was daar 'n probleem. Ek al die medikasie was nie daar nie, en geen een was die goedkoper een nie, dit was alles die oorspronklikes soos op voorskrif. m.a.w hulle luister nie wat die kliënt verlang nie hulle maak soos hulle wil.


As daar ook nie iets is wat op die voorskrif is nie na gee hulle net eenvoudig niks en trek hulle skouertjies op en sê net jammer ons het dit nie, hulle sal nie een keer probeer of voorstel dat hulle die nodige medikasie sal bestel en dan sal stuur nie.


ek was vanmiddag weer daar om my medikasie te ontvang, ek het duidelik vir die Mnr gesê watter anti deprisant ek soek, toe haal hy wragtig die duur een van die rak af, hy deel my toe mee hy sien die vorige persoon het die spesifieke een gegee. Ek het hom uitdruklik laat verstaan ek soekdie goedkoper een en hy maak nog steeds soos hy wil. Ek het my voorskrif gevat en glo nie Dischem se apteek afdeling sal my weer sien nie, as hulle so onvriendelik is so ook die OTC personeel, dan koop ek eerder waar ek vriendelik behandel word.


Ek dink regtig daar moet gewerk word aan die mense verhouding in die Dischem Welkom se apteek. Daai mense is baie ongeskik en onvriendelik en hoort nie agter die toonbank as dit hulle houding is nie.

Share This :   Technorati Twitter Stumble Upon

Comments

Login To Post Your Comments

Username  :

ex : johnpeter
Password  :

password must have min 6 chars